Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
18
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: ‘n Bejaarde boer en sy vrou is geweldadig aangeval in hulle woning op die plaas Sekhtsane in die Reivilio-omgewing waar die tengerige vrou grusaam vermoor is. Volgens inligting het die boosdoeners (vermoedelik drie) toegang tot die huis gekry...

deur ‘n venster aan die suidekant van die huis te breek en die diefwering uitgeskop.

Die elektrisiteit in die huis was deur die boosdoeners afgesit. Die veiligheidshek na die slaapkamer was nie gesluit nie en die bejaardes is geweldig hard met ‘n ronde voorwerp aangerand in hulle bed in die slaapkamer. Frik Clapton (77) en sy vrou Anita (68) se hande en voete is vasgemaak. Anita se mond is ook baie styf met kleefband toegeplak. Anita is ernstig oor die kop en lyf aangerand en is vermoedelik daarna van die slaapkamer na die gang gesleep. Die voorman het haar die oggend dood in die gang aangetref en vir Frik erg aangerand en vasgemaak op die bed gevind. Frik is na ‘n hospitaal in Vryburg geneem vir mediese behandeling. Polisiewoordvoerder, kaptein Aafje Botma, het bevestig dat die verdagtes op die vlug geslaan het met vuurwapens, selfone en ‘n Ford Ranger bakkie. Volgens beeldmateriaal, het die bakkie ongeveer 04:00 die oggend links op die N14 in die rigting van Kuruman gedraai. Na verskeie draaie wat die voertuig gery het, is die voertuig langs die pad verlate gelaat. Volgens Hennie Kruger, gemeenskapsveiligheidskoordineerder, was Frik en Anita groot beesboere. “Hulle was goeie mense, Christelik, hardwerkend en het niemand leed aangedoen nie. Dis die grusaamste toneel wat ek al ooit gesien het. Frik en Anita het geen kinders gehad nie, maar ons as gemeenskap sal na Frik omsien.” Botma het bevestig dat die polisie ‘n saak van huisroof en moord ondersoek. “Geen verdagtes is tot dusver in verband met die voorval aangekeer nie. Die ondersoek duur voort.”