Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
18
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-MIGDOL: Corlia Strydom (22) was op Woensdag, 11 Oktober omstreeks 06:15 besig om haar laaste vyf ure te vlieg om as die eerste vrou in Suid-Afrika te kwalifiseer as ‘n gifspuitvlieënier. 

Dit was tragies ook haar laaste vlug op aarde. Volgens pa Hernes, het Corlia ‘n verbyvlug voor die vliegtuigloods in Kroonstad by die vliegveld gemaak en soos normaal agter die loods in ‘n laagte gevlieg. “Die instrukteur het toe net ‘n slag gehoor en rook gesien,” vertel Hernes. “Ek en ‘n vriendin was op daardie stadium op pad Bloemfontein toe, toe ek die tragiese nuus van die dood van my dogter ontvang het,” sê Hernes. Burgerlugvaart ondersoek die voorval en oorsaak van die ongeluk. Hernes se seun Herlius (23) is reeds meer as ’n jaar ‘n gekwalifiseerde gifspuitvlieënier. Corlia se ma, Nicolene is in Maart 2018 ook tragies dood in ‘n motorongeluk. Corlia was in Schweizer-Reneke Hoërskool tot in Gr 10 waarna sy Gr 11 en Gr 12 aan Hoërskool Wolmaransstad voltooi het. Daar sal op Saterdag, 21 Oktober in die NG Kerk Migdol ‘n gedenkdiens ter ere van Corlia gehou word.