Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
23
Sun, Feb

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALAMDER-VRYBURG – Op Vrydag, 7 Februarie, het ‘n mobiele borskankerskanderingseenheid in De Kockstraat gestaan om mammogramme aan vroue in Vryburg te bied. 

Hierdie gespesialiseerde eenheid, toegerus met die nuutste tegnologie, het vroeër die week in Zeerust begin, toe Mahikeng vir twee dae besoek, gevolg deur Lichtenburg en daarna Vryburg Op Saterdag, 8 Februarie, het die eenheid na Hartswater beweeg. 
In Vryburg is 25 vroue deur ‘n vroulike mammografis ondersoek. Die eenheid was van 08:00 tot 16:00 in die parkeerterrein van The Local Choice Pharmacy in Vryburg geleë. Studies toon dat borskanker die algemeenste kanker onder vroue is, maar met vroeë skandering en doeltreffende behandeling verhoog die kans op oorlewing aansienlik.
 Mammografie speel ‘n sleutelrol in die vroeë opsporing van borskanker en ander borssiektes.  Borskanker het ‘n harde realiteit vir baie huishoudings geword. Of dit nou persoonlik is of deur ‘n vriend of kollega, almal word geraak. In Suid-Afrika is borskanker die mees algemeenste kanker onder vroue van alle rasse, met ‘n lewenslange risiko van 1 uit 27. Die risiko neem toe met ouderdom, maar jonger vroue onder 40, veral dié met ‘n sterk familiegeskiedenis van borskanker, word deesdae ook gediagnoseer.  Elke persoon loop die risiko om borskanker te ontwikkel, en dit is elkeen se verantwoordelikheid om proaktief te wees oor gesondheid. Vroeë behandeling red lewens en bied beter behandelingsopsies.  ‘n Mammogram bestaan uit ‘n boonste en sy-aansig van elke bors, met addisionele beelde indien nodig.  Dit word dikwels gevolg deur ‘n ultraklank. In sommige gevalle kan mammografie gekombineer word met tomosintese, ‘n borsbiopsie of ‘n MRI. Vroue word aangemoedig om gereeld skanderingstoetse te ondergaan, aangesien vroeë opsporing die beste kans op suksesvolle behandeling bied.