Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
08
Sun, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Drie vroue en twee mans het na verwagting Maandag, 15 Julie weer in die Vryburg landdroshof verskyn vir die voortsetting van hulle borgtogaansoek. 

Hulle hofverskying spruit voort nadat die vyf beskuldigdes, Nkosphile Mabaso, Amahle Precious Dlamini, Noluthando Khumalo, Nompendule Mhlanga en Albert Nkomo, Saterdag, 6 Julie deur ‘n polisie span bestaande uit Vryburg Misdaadintelligensie, K9-eenheid en Sigbare Polisiëringlede vir die besit van onwettige goedere in hegtenis geneem is. Volgens brigadier Sabata Mokgwabone, het die span die beskuldigdes se voertuig, ‘n silwer Toyota Corolla waargeneem, nadat beweerde inligting ontvang is dat die insittendes van die voertuig besig was om goedere by verskeie winkels in Vryburg te steel. “Die polisielede het die verdagte voertuig opgespoor en het dit daarna deeglik deursoek. 
Die polisie het gevolglik plastieksakke in die voertuig gevind vol nuwe klere, ‘n groot aantal pare skoene en ander goedere met prysetikette, met ‘n totale waarde van R57 870,” bevestig Mokgwabone. 
Die beskuldigdes, tussen die ouderdom van 58 en 62 jaar, is gearresteer nadat hulle, volgens die polisie versuim het om verantwoording vir die goedere in hulle besit te doen. Intussen het die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Sello Kwena, al die eenhede wat by die operasie betrokke was, toegejuig vir hul samewerking en toewyding wat gelei het tot die opsporing en inhegtenisneming van die beskuldigdes.