GEMSBOK-UPINGTON: Pastoor Hendrik Ben is eerste ‘n musikant en dan ‘n pastoor. Hy maak al van sy agste jaar af musiek. Hy het by ‘n tannie wat naby hulle gewoon het, leer musiek maak.
Hy is ‘n meester trekklavierspeler wat in die hele Noord-Kaap musiek maak. Sy musiek en sang het hom al na Amerika en Israel geneem waar hy saam met ander kerkgroepe opgetree het.
Hy is ‘n pastoor by die Fountain of Life gemeente onder pastoor Johan Strauss en André Phete. Pastoor Ben is ‘n bedrewe musikant wat ook “keyboard”, saxefoon en bietjie mondfluitjie speel. Hy is as kind Kaap toe waar hy by “grootmaak ouers” gewoon het. Daar het hy sy musiek verder geneem.
Hy speel sy hele lewe al by kerke en ander funksies. As deel van sy geestelike uitreiking, evangeliseer hy oral in die gemeenskap en speel dan die trekklavier. Hy besoek skole en los vir elke skool ‘n spesifieke koortjie.
Dit was nog altyd pastoor Ben se droom om ‘n CD “te maak” en nou het dit ‘n werklikheid geword. Sy geestelike vriend, Gerrit Swarts van New Dawn Recording Studio in Upington, het die CD opgeneem. Hulle twee het ‘n spesiale verbinding wat uit Brandvlei kom en daarom is die CD se naam, Die Here het ‘n plan beraam”.
Daar is 10 geestelike liedere op die CD ondersteun deur ‘n volledige orkes. Navrae vir die CD kan gedoen word by pastoor Allen Kroon 078 070 3817.
New Dawn Recording Studio is deel van die ZFM Gospel Artists Forum wat bestaan uit verskillende Gospel groepe in die distrik.
Kyk gerus na die video met pastoon Ben se besoek aan die Gemsbok. https://fb.watch/xKIdkOU8RU/