GEMSBOK-UPINGTON: “Vier plantjies en ‘n paar Luffa pitte van ‘n vriendin het vir my ‘n passie geword en Luffa Lief het so ontstaan.”
Só gesels Maria van der Wath wat die afgelope jaar die gesondheidsreeks, Luffa Lief, op die mark gebring het.
‘ n Luffa is die natuur se eie gesonde “exfoliator” en pamperlang jou vel en bevorder bloedsirkulasie.
Maria skryf verder:
“Ek kry gereeld die vraag, “wat is n Luffa?”
Dit is n sponsagtige plantaardige produk wat hard is as dit droog is, maar word sag as dit natgemaak word.
Dit kan vir letterlik alles gebruik word, gesigs “crub”, lyfsorg - enige oppervlak op jou vel kan daarmee skoon gemaak word.
Uniek aan Luffa Lief is dat dit trots Upington produk is – word 25 km buite Upington gekweek, ek oes en verwerk dit self.
Luffa Lief het verskeie produkte, onder andere n gesigscrub met suiwer gliserien seep en dan Luffa sepies, gegeur en gekleur soos na smaak.
Die mooiste geskenkies stel ek saam en daar is ‘n kinderreeks sepies ook. Van ‘n skapie tot ‘n voetspoortjie kan gemaak word, in suiwer gliserien of soos verkies.
Vir funksies los dit die probleem op oor wat op die tafels gesit moet word vir die gaste. Bruide, ooievaars, verjaarsdae, die tema word aangepas.
Tesame met Luffa Lief het Chokkie Lief ook ontstaan en word enige tema sjokolade gemaak, kersfees, ooievaars of sommer net ‘n rosie om te sê ek is lief vir jou.
Kersvader was veral baie gewild, asook Valentynsdag en ons weet Moedersdag en Vadersdag lê om die draai.
Beders jouself vandag, ‘ n vriendin, jou spruite met ‘n Luffa geskenk of met tema sjokolade.”
Vir meer inligting, kan Maria by 082 5638 263 geskakel word.