Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Vedanta Zinc International (VZI) het, volgens die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid, aansienlike vordering gemaak met die bou van ‘n nuwe Onkologie Sentrum by Dr. Izak Niekerk Hospitaal in Springbok. 
Hierdie moderne fasiliteit sal noodsaaklike palliatiewe sorg en chemoterapiedienste vir kankerpasiënte in die Namakwa-distrik verskaf.
In 2022 het VZI ‘n vennootskap met die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid by die Mynbou-Indaba aangegaan om die vestiging van hierdie broodnodige Onkologie-behandelingsfasiliteit te verseker. 
Hierdie projek, ter waarde van R21 miljoen, is ‘n bewys van VZI se verbintenis tot die opheffing van gemeenskappe en die lewering van dienste wat tans nie in Nama-kwaland beskikbaar is nie.
Onlangs is ‘n opvolgvergadering gehou om die uitvoering van die projek in lyn te bring. 
Hierdie hoëvlak-betrokkenheid is gelei deur LUR van Gesondheid, mnr. Maruping Lekwene, saam met senior bestuur van die Provinsiale Kantoor, Distriksgesondheidsdepartement en VZI. 
Die onkologiesentrum, wat 355 vierkante meter strek, sal na verwagting teen Desember 2025 voltooi wees.
Die omvang van die werk vir hierdie projek sluit ontwerp, ingenieurswese, vervaardiging, verpakking, verskaffing, vervoer, installasie, kalibrering en toetsing van die geïnstalleerde werke in.