Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Martin Terblanche en Nicolè Monique Vos het hulle onlangs aangesluit by Becker & More Prokureurs op Upington.
Hierdie twee regsgeleerdes bring elkeen spesifieke regsareas na die praktyk.
Nicolè sal onder andere verantwoordelik wees vir die registrasie van die oordrag van eiendomme vanuit boedels, die registrasie van verbande oor eiendomme, die kansellasie van verbande oor eiendomme en ook ander eiendomstransaksies.
Nicolè Vos is ‘n boorling van Upington en die enigste dogter van mev. Charmaine Vos en wyle Peter Joseph Vos.


Sy het haar skoolloopbaan by Hoërskool  Upington voltooi waarna sy haar LLB graad in 2018 aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf het. Sy het ook die Wetgenootskap se Regskool in 2018 bygewoon. 
In 2021 keer sy terug na haar tuisdorp en begin haar leerlingklerkskap by LRV Inc Attorneys.  In 2022 word sy toegelaat as prokureur en praktiseer by die firma as professionele assistent, waar sy blootstelling in verskeie regsareas kry.
In 2024 word die geleentheid aan haar gebied om by ’n groter firma aan te sluit en op 1 November 2024 voeg sy haar professionele dienste by die gevestigde firma Becker & More Prokureurs as professionele assistent in die aktes afdeling van die firma, waar sy haar passie vir eiendoms-reg kan uitleef.
Martin Terblanche is  gebore en getoë  in Pretoria en het in 2008 sy LLB graad aan die Universiteit van Pretoria  verwerf.  Hy praktiseer in Pretoria totdat hy gedurende 2024 besluit het om sy vlerke te sprei en na Upington te verhuis.  
Mnr. Terblanche is sedert 3 Februarie 2025 deel van  Becker & More Prokureurs. Martin spe-sialiseer in siviele litigasie en meer spesifiek in hooggeregshof aangeleenthede.  Sy ondervinding sluit in egskeidings, verkryging van uitsettingsbevele, algemene eiendomsreg, kontraktuelereg en kommersiëlereg.
Martin is van jongs af betrokke by sport en geniet die buitelewe, waarvan hy beslis meer in Upington sal beleef.