Verlede jaar het die eienaar van NC Famous Lodges, mnr. Jean Lam-brechts die Keldery venue & konferensiefasiliteit in Vredendal van Namaqua Wines oorgeneem.N.C. Famous Lodges is die tuiste van die bekroonde Red Ox Steakhouse Restaurant in Upington, asook verskeie luukse leefstyllodges en konferensiegeriewe, insluitend Letsatsi Lifestyle Lodge & Venue in Vanrhynsdorp, Molopo Lodge, Askham Kalahari, Tshahitsi Lodge & Silverspoon Bistro, Upington, asook die Kalahari Lifestyle Lodge op Upington.Aanbouings en veranderings is sedert Oktober 2024 by die Keldery op Vredendal gedoen.Op 8 Maart is die heropening onder die nuwe Red Ox-vlag. Die restaurant se transformasie sal ‘n nuwe kulinêre ervaring bied vir plaaslike inwoners en toeriste na die Namaqua Weskusstreek, wat talle werksgeleenthede in Vredendal skep.Die Red Ox Restaurant sluit in 5-ster ontbyt, middagetes sowel as aandetes. Heerlike pizzas is ook op die spyskaart.By die “Sushi bar” sal Noorweegse salm en geelvin tuna bedien word.Die verskeidenheid wyne wat by die restaurant bedien word, sal ook te koop wees. Daar sal ook wynproë aangebied word.Gaste sal ook vleis, wors en ander benodighede vir ‘n braai by die restaurant kan koop.Daar is spesiaal aan die kinders gedink met die buite tafels en speelplek.‘n Groot verskeidenheid trou-pakette is by die Keldery saamge-stel om almal se sak te pas. Groot en kleiner konferensies en vergaderings kan daar gehou word.Vir navrae, kontak:Restaurant:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Venue:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Troues:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Red Ox & die Keldery op Vredendal open binnekort
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode