Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Vroeër die maand was Food Lover's Market Upington betrokke by 'n "Terug-Skool-Toe" inisiatief, waar hulle vrugte uitgedeel het aan leerders van verskeie skole, by die Tol Speelman Gemeenskapsaal.
Food Lover’s Market het onlangs uitgereik na die gemeenskap van Upington. Die Vlytige Bejaardes Dienssentrum het, soos oudergewoonte, hul eie "Terug-Skool-Toe" program aangebied.

 
Op hierdie dag trek die bejaardes skool uniform aan en vermaak mekaar by die dienssentrum. Dit is beslis 'n tyd om terug te gaan in die verlede en te vergeet van pyn en skete.
Food Lover's Market het die bejaardes se dag opgehelder deur worsbroodjies en spanspek te skenk vir die geleentheid.
Dit is oorhandig deur Micheal en Evan by die dienssentrum. Hiermee wil al die lede van Vlytige Bejaardes Dienssentrum die bestuurder van Food Lover's Market Upington, mnr. Hennie bedank vir hul bydrae en dat hulle ook so 'n verskil kon maak in die lewens van ons senior burgers.
      Deur Sybel Cloete