GEMSBOK-DELPORTSHOOP: Die SAPD ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na ‘n ongeluk met ‘n SANW-vragmotor wat op die R31-pad tussen Koopmansfontein en Delportshoop omgeslaan het.
Voorlopige inligting dui daarop dat die ongeluk Vrydagmiddag, 7 Februarie 2025 plaasgevind het.
Die vragmotor was saam met 19 SANW-lede van die Lohatla-weermagbasis op pad na Kimberley.
Twee SANW-lede, ‘n man en vrou is op die toneel dood en 17 ander is beseer en na die hospitaal vervoer vir mediese behandeling.
Die SANW-vragmotor het in reënerige weerstoestande van Lohatla na Kimberley gery toe die ongeluk plaasgevind het.
Die oorsaak van die ongeluk vorm deel van die polisieondersoek