GEMSBOK-KEIMOES: Artebella Kunsskool bied sedert 2021 kunsklasse vir volwassenes en kinders aan.
Die kunsskool is op Skanskopeiland buite Keimoes en word bedryf deur Karen Visser. Die doel van die kunsskool is om aan veral kinders kuns toeganklik te maak en aan hulle ’n wêreld van kleur en kuns oop te maak. Kinders word goed geskool in die basiese elemente van kuns, asook kleurgebruik en verftegniek. Hulle ontdek ook die wêreld van die ou meesters, asook kontemporêre kuns.
Kunsbeoefening word wyd geloof vir die terapeutiese waarde daarvan. Die plesier wat dit aan kinders verskaf om skeppend te wees, is sigbaar in ons kunsskool.
Picasso het nie verniet gesê: ‘The purpose of art is washing the dust of daily life off our souls’ nie. Dit is presies wat met ʼn kind gebeur wanneer hy hom in kuns verdiep. Omdat die klasse nie meer as vyf kinders per klas is nie, word daar individuele aandag aan elke kind gegee en word ʼn wêreld van kleur en kreatiewe denke vir hulle oopgesluit.
Artebella Kunsskool bied ook soms werkswinkels vir kinders aan, wat groot plesier verskaf.
Hierdie jaar het Artebella se kunsstudente uitsonderlike werk gelewer en het baie goed gedoen met die Fanie Malan Kultuurfees, asook by die Garden Route Eisteddfod in George. Artebella Kunsskool is opgewonde en trots op elke kuns-student wat deelgeneem het.
Fanie Malan Kultuurfees- en Garden Route Eisteddfod-uitslae:
Tydens die Fanie Malan Kultuurfees het die volgende kunsstudente deelgeneem en goed presteer: Iné Visser, Carli Mouton, Hanna Grobler, en JG Nieuwoudt kry elk ’n goue toekenning, terwyl aan Charles Thirion en Paul Mouton elk ’n silwer toekenning gegee word. Cara van Wyk (Gr 2) kry goud en ’n derde plek in haar graad, Wilmie Nieuwoudt (Gr 3) en Mila Grobler (Gr 4) kry albei goud en kom eerste in hul onderskeie grade. Aan Ava van Wyk (Gr 5) word ook goud toegeken en sy kry ’n tweede plek in Graad 5.
Die kunsskool het hierdie jaar die vlerke wyer gesprei en die onderstaande kunsstudente ingeskryf by die Garden Route Eisteddfod in George, waar hulle uitstekend presteer het. Simbole wat wissel van A tot A+++ is toegeken, met punte tussen 80 tot 95 persent. Van die kunswerke is tydens die Gala-aand van 12 Oktober 2024 in George ten toon gestel word.
Charles Thirion, Cara van Wyk, Carli Regenstein, Carli Mouton, Mila Grobler, JG Nieuwoudt verdien elk ’n A+ simbool vir hul kunswerke. Nina de Waal en Carli Buys kry elk ’n A++ simbool, en Lourizka Basson ’n A+++ simbool kry. Hierdie student se werk word tydens die gala-aand vertoon en elkeen het ’n medalje vir uitstekende werk gekry. Wilmie Nieuwoudt, Ava van Wyk, Hanna Grobler, en Anika Blom word elk met ’n A-simbool beloon vir hul kunswerke.
Ons is opreg dankbaar vir die geleentheid wat die kuns-studente gekry het om deel te neem aan hierdie twee geleenthede.
Van ons studente se kuns word hierdie jaar saam met ander plaaslike kunstenaars se werk uitgestal by die jaarlikse kunsuitstalling wat by African Vineyard op 16 November plaasvind. Dié geleentheid val hierdie jaar saam met ’n Langtafel Ete wat deur African Vineyard aangebied word. Die kunsuitstalling is ’n jaarlikse toonvenster vir kunstenaars van ons omgewing en elders wat alreeds vir 10 jaar deur Elmarie de Bruyn aangebied word en gee nou ook aan ons jong kunstenaars die geleentheid om hul werk ten toon te stel.