GEMSBOK-KENHARDT: Die Globeleq-beursfonds (GSF) het aansoeke vir die 2025 akademiese jaar geopen. Hierdie beurse word uitsluitlik daar gestel vir die ondersteuning van jeug, van die Kenhardt-gemeenskap, naby Aries Solar Power in die Kai !Garib Munisipale area.
Gefokus op die bemagtiging van plaaslike studente, poog die fonds om finansiële bystand vir tersiêre onderwys te verskaf, wat jongmense in staat stel, om geleenthede aan te gryp om verder te studeer en op sy beurt die vaardigheidspoel binne hul gemeenskap te versterk.
Sedert sy ontstaan was die GSF 'n deur-slaggewende hulpbron vir studente uit die Kenhardt-omgewing, wat in hul opvoedkundige reise belê en gehelp het om 'n beter toekoms vir plaaslike gesinne te vorm.
Studente van binne plaaslike gemeenskappe in die Noord-Kaap kan by een van drie kategorieë aansoek doen, almal direk deur Aries Solar Power befonds.
* Die GSF Ingenieurswetenskappe-beurs, oop vir alle studente landwyd, wat ‘n ingenieursverwante kwalifikasie voltyds in 2025 volg;
* Die GSF Ander Wetenskappe-beurs, beskikbaar vir studente van (gebore of woonagtig in) die Noord-Kaap provinsie wat een van die volgende kwalifikasies voltyds in 2025 volg: Onderwys (Wiskunde en Wetenskap), Landbou, Verpleging;
* Die GSF Gemeenskappe-beurs, wat studente ondersteun wat in gemeenskappe binne 50 km van die sonkragaanleg woon, wat enige tersiêre kwalifikasie in 2025 volg.
Sedert 2014 het die fonds meer as R24 miljoen se beurse toegeken, wat byna 500 studente in al nege provinsies bevoordeel het. Die GSF se voortgesette uitbreiding weerspieël die groeiende impak daarvan op studente van uiteenlopende agtergronde, van wie baie van buite die onmiddellike gebiede van Globeleq se kragsentrales kom.
Let wel: Aansoeke vir die 2025 akademiese jaar is oop tot 31 Oktober 2024. Studente wat belangstel om aansoek te doen kan http://globeleq.auraams.app/ besoek vir meer inligting.