Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die distriksdirekteur van onderwys in Z.F. Mgcawu Distrik, mnr Gordon March wens graag alle matrikulante voorspoed toe met die finale Nasionale Senior Sertifikaat Eksamens wat op Maandag, 21 Oktober 2024, ‘n aanvang geneem het. 
In ‘n spesiale motiveringsboodskap aan elke matrikulant, wil hy hulle aanspoor en inspireer om hul allerbeste te doen, om sukses te verseker. 
Hy het onder andere die volgende direkte boodskap vir ieder en elke Graad 12 Leerder.
“Matrikulante, julle het van die onskuldige kleuterjare aan beweeg tot die hier en die nou - julle is nou in matriek. Wees trots op jouself. Die toekoms wink, jy wil uitstyg en vry wees soos ‘n voël, jy wil grense breek en nuwe landskappe verken. 


Wat ‘n wonderlike vooruitsig! En al is jy miskien vasgevang in die kloue van angstigheid, ek is diep oortuig daarvan dat jy die uitdagings wat die toekoms mag bied, met vasberadenheid sal aandurf en oorkom. Dink aan alles wat jou pad na sukses mag versper en raak nederig in stille gebed en vra jou Hemelse vader om jou te onderskraag en te help om jou toekomsdrome te verwesenlik. Soos die son oor jou skoolloopbaan sak, wink ‘n reënboog op die horison, maar jy sal HARD en DOELGERIG moet werk, want God help slegs diegene wat hulself help.”
“En nou klop die allerbelangrike, maak- of- breek Eksamens aan jou deur, en nou moet jy jou staal wys. Jy weet egter wat om te doen, want jy is opgevoed en onderrig deur Onderwy-sers wat hulle, figuurlik - gesproke, soos kerse laat uitbrand om lig (kennis) te laat skyn in die donkerste tonnels. 
Ek pleit by elkeen- moenie nou onverstandig optree sodat jy later met spytgevoelens worstel nie. Teleurstellende uitslae is eenvoudig nie ‘n opsie nie.
Besef dit nou alreeds, as jy swak sou prestreer, sal jy eendag ‘n BITTERE BEROU en SPYTGEVOEL het oor die verskil wat jy KON word, en wat jy UITEINDELIK geword het. Die toekoms lê in jou hande! 
YOU are the Master of your soul and the Captain of your fate.” 
JY bepaal die mate waartoe jy lewensgeluk sal ervaar of nie na gelang van die keuses wat JY vandag maak! 
Maak opofferings NOU en studeer 6- 8 ure per dag om te verseker dat jy LATER ‘n sorgvrye en genotvolle toekoms kan geniet; die keuse is joune.”
Vanjaar is ons leuse vir ons Matrieks: “#100% laat-niemand-agter” nie.
Die Departement van Onderwys Z.F. Mgcawu Distrik wens al ons matrikulante die beste toe en sien uit na die bekendmaking van die uitslae waar ons Distrik sy regmatige Nommer 1 Posisie in die Noord-Kaap sal inneem.