Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOk-KAROS: “Ons vier vandag ons land se tradisionele Erfenisdag met die nodige eerbied en respek wat dit toekom. Ons eer ook die nalatenskap en kenmerkende tradisies wat ons voorouers vir julle wat nog skoolgaan nagelaat het,” het mnr. Hendrik Jantjies, skoolhoof van die Intermediêre Skool Karos hier verlede Vrydag gesê. 
Die eregas van die dag was ouma Katrina Esau, koningin van die N/UU-taal.
Afgevaardigdes van die departement onderwys en ZFM-polisieforum was van die genooide gaste wat die groot byeenkoms, by die skool bygewoon het. 
Erfenisdag is met tradisionele voorstellings van ons land se diversiteit en prettige dansvertonings gevier. 


Die 91-jarige N/UU-spreker en onder-    wyser, ouma Katrina, het tydens die verskillende opvoerings gesprekke in die N/UU-taal met haar agterkleinkind gehad. 
Sy is egter bekommerd oor dié taal wat besig is om uit te sterf. “Ek was so 10, 11 jaar oud toe my taal besig was om uit te sterf. Ek praat nou net Afrikaans. Die N/UU-taal het uitgesterf. Maar ek en my kleinkinders is nog hier om die  taal te laat voortleef. Ek het grootgeword met Afrikaans, maar my moedertaal is die N/UU-taal - wat my ma met my gepraat het”, het ouma Katrina gesê. “Wees trots op jou taal. Ek leer kinders die N/UU-taal. As ek sterwe, sterwe my taal ook”. 
Sy het ook die leerders vertel van haar tradi-sionele kultuurkossoorte soos die wilde komkommer en sama boontjies wat sy in die veld geeët en geniet het.
 Ouma Katrina het afgesluit met die herinnering dat “julle altyd gehoorsaam moet wees aan jul ouers en jul onderwysers”. 
(Berig en foto’s: Nick Pretorius)