Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 
GEMSBOK-UPINGTON: Die Siyafunda Education Foundation bied die geleentheid vir robotika en kodering aan meer skole en kinders in verafgeleë skole en gemeenskappe.
 Heine Kulsen (projekbestuurder in die Noord-Kaap) en Felix Spies ( uitvoerende direkteur) van Siyafunda Education Foundation, is weereens besig om Robotika en kodering aan gemeenskappe te bring, waar leerders andersins nie die geleentheid sou hê om hierdie platvorm te gebruik of te ervaar nie. 
Skole in dorpe en stede en hul leerders, word aan verskeie maniere van tegnologie blootgestel - wat nie die geval is in die sogenaamde “plattelandse” gemeenskappe  nie.
Hierdie organisasie wedywer al vanaf 2019 om in die Noord-Kaap veral, hierdie realiteit te verander. 
Met behulp van  Siyafunda en Unisa, het verskeie gemeenskappe met hul leerders, die wêreld van robotika en kodering op ‘n vlak ervaar wat vir hulle sin maak asook pret is. 


Leerders kry die geleentheid om met verskeie koderings platforme, hierdie wêreld wat die 4de industriële revolusie vir ons moontlik maak, te ervaar. 
Baie van ons weet nie eens wat die eerste industriële revolusie behels nie. 
Deur middel van hierdie platform wat hierdie organisasie bied, word onderwysers eerstehands opgelei om hierdie inligting op ‘n prettige manier oor te dra.
Veertien (14) skole in die Kuruman en Kathu area, het onlangs ‘n drie dag opleidingswerks-winkel bygewoon - waar hulle prakties kon ervaar waaroor robotika en kodering gaan. 
Op die laaste dag het skole teen mekaar in ‘n klein kompetisie deelgeneem om vas te stel wat hulle geleer het. 
Daarna het skole masjiene, skootrekenaars met bykomstighede asook oefenmatte ontvang wat deur die borge van die program, South32 en Epiroc befonds is. 
Skole sal ook internet toestelle ontvang omdat die opleiding nie hier stop nie. 
Mnr.Kulsen doen weeklikse aanlyn lesse met onderwysers wie dan op hul beurt, lesse met hul leerders doen. 
Wanneer onderwysers asook hul leerders  die eerste koderingsplatform bemagtig het, beweeg hulle aan na die tweede fase. 
Hierdie tweede fase behels ook ‘n drie dae opleidingsessie. Leerders van alle skole in die program, neem dan aan die einde van die jaar aan ‘n robotika kompetisie deel wat deur Mnr.Kulsen opgestel word.
 Siyafunda het ook onlangs in Pofadder en Aggeneys, robotika en kodering aan skole en leerders bekendgestel by die loopbaandag gereël deur die scholarly network. 
Hier het verskeie organisasies asook universiteite uitstallings gehad om leerders bloot te stel aan verskeie beroepe. 
Leerders van sovêr as Alexanderbaai het hierdie geleentheid bygewoon. 
 Entrepeneurskap vorm deel van hierdie weg en sluit robotika en kodering in. 
Mnr. Kulsen het ook aan leerders gewys watter rigting hul moet studeer om by een of ander vorm binne die robotika en koderingsveld uit te kom, veral ingeneurswese. Die myn-en-sonplaas bedryf gee jaarliks beurse aan studente wie in hierdie veld wil studeer.
 Siyafunda Education Foundation, bied die geleentheid aan skole, gemeenskappe en leerders om daardie reis te begin - sodat hulle by hul doel kan uitkom.  
 Besighede wie donasies wil maak aan Siyafunda - wat gebruik kan word in hierdie gemeenskappe, is welkom om dit te doen. 
U sal ook ‘n 18A belasting sertifikaat ontvang vir u donasie. U kan ons webtuiste besoek by: www.siyafundaef.org.za