Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Hoërskool Duineveld se top spellers het uitstekende uitslae behaal in die finaal van ATKV-Uitklopspel wat onlangs in Bloemfontein gehou is.
Daar het 129 leerders van 33 skole uit 5 provinsies aan hierdie kompetisie deelgeneem. In die Seniorgroep (graad 10 – 12) neem 37 spellers van 14 skole deel. Leerders van Hoërskool Duineveld behaal die volgende plekke: Albert Oberholster 3 de, Leigh-Jade Blom 5 de, Connor Robbertze 10 de en Ymiledré Basson 11 de.


In die Junior groep (graad 8 en 9) neem 41 spellers van 17 skole deel. Velties behaal die volgende plekke: Lanicka van Niekerk 3 de, Jonelle de Wet 5 de en Kelly-Ann Leipoldt 11 de. Die skool is baie trots op hierdie leerders, want om voor ‘n klomp mense te spel, is nie vir almal maklik nie.
Mev. Anschen van Blerk van ATKV-tak Rooiduin het die groep bederf met piekniekpakkies, asook toegangsfooie by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein. 
Mev. Tieneke Strauss van Fruit and Vegiland is een van die borge van ATKV-Uitklopspel.  Die Velties is baie dankbaar vir die gemeenskap se betrokkenheid by Kultuur, want Kultuur is vir ons ‘n groot lekkerte, hier in Veltieland.