Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die skielike heengaan van “Lukas “Loekie” “Ou Kat” Esau” - ‘n groot gees in die ZFM-distrik se sportkringe, het skokgolwe deur die sportgemeenskap gestuur en gelei tot talle boodskappe van medelye vanuit  die verskillende sportorganisasies in ons streek.
Lukas Esau , ‘n werknemer van die departement van sport, kuns en kultuur by die Upington-kantoor in die ZFM-distrik, is skielik op 6 Januarie 2025 oorlede en laat diep spore langs en op menigte sportvelde agter.
 Ronald   Isaacs  skryf namens  die United Rugby Voetbal Klub:
Namens die United Rugby Klub familie, staan ons vir ‘n oomblik stil om een van ons oud-spelers, voormalige voorsitter, skeidsregter en rugbyman te onthou.


Lukas was ‘n vlugvoetige agterspeler, wie kan vergeet hoe hy ewe tuis op losskakel of heelagter was, asook een van die min spelers van sy tyd wat gemaklik met albei voete kon skop. 
Menigmalle was Lukas die bepalende faktor tussen die eertydse strydrosse, Hoërskool Carlton van Heerden vs Hoërskool Saul Damon.
Nie net was Lukas ‘n kranige Rugby speler nie maar ewe tuis in die doelhok van Blackpools United FC.
Teken hiervan was vasgevang op sy skouer met die noemnaam, “Ou Kat”, bewys van sy formidibale slag in die doelhok.
As skeidsregter het Lukas toegesien dat talle wedstryde onverpoos kon plaasvind en of dit nou Rugby, krieket of sokker was, speel sou daar gespeel word want “Mr Ref” was daar.
Lukas het United Rugby Klub in die vroeë 2000 gelei as Voorsitter en onder sy leiding het die klub nie net gegroei nie maar ‘n wesenlike bydrae tot die opheffing van die spel gemaak, Wilmaure Louw en Wyle Fred Beukes is van die vernaamste 0/21 spelers wat deur Lukas se bestuur geidentifiseer was om vir Griekwas diens te doen. Ware ambassadeur van Rugby.
So te meer dat die verskeie rugby klubs in ons streek Lukas se leierskap erken het en hom toe eers as Onder-Voorsitter en toe later as Voorsitter van die ou Orange-Unie (ZFM) Streek verkies het.
Lukas het latere jare hom aangesluit by Defence Force Collegians Rugby Klub, waar hy voort gegaan het om sy talente uit te brei en terug te ploeg in Rugby.
Ons meedelye dra ons oor aan sy gesin, die breë Esau familie, sy talle vriende, en sy Rugby Klub, DFC, die sokker gemeenskap as ook die ZFM Krieket Skeidsregters Vereniging wat Lukas met lof gedien het.
Mag “Ou Kat” se siel in vrede rus en mag die herinneringe op en van die veld blywend in ons harte voortleef.
Janco Lourens, waarnemende voorsitter, ZFM Krieket Skeidsregters Vereniging skryf: 
 Lukas was ‘n besondere goeie mens wat altyd sy kollegas met respek behandel het. Vir die meeste van ons by ZFM Krieket Skeidsregters Vereniging was Lukas vir 15 jaar ‘n kollega. Ons almal het in 2010 saam begin waar Lukas voorsitter was. In 2020 het ons amptelik ‘n vereniging geword waar Lukas as tesourier gedien het. In 2021 - 2023 dien hy as onder voorsitter. In Augustus 2024 word hy as nuwe voorsitter verkies. Lukas was toegewyd aan sy krieket en rugby. Hy het diep spore vir ons almal nagelaat om te volg. Ek sal hom ook onthou as beslis die grootste Lions ondersteuner in Upington. 
Lukas ons by ZFM Krieket Skeidsregters Vereniging gaan jou beslis mis. Jou lag en gesels en jou daar wees vir ondersteuning.
RIV Loek !! Ons salueer jou !