Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Upington Lions, verdedigende kampioenspan van die T20-ligatitel, het die span van Keimoes Tigers op hul tuisveld (HS Keimoes) met 71 lopies geklop. 
Jaco Beukes (33 van 30 balle), Gert Rupping (31/27 balle) en Chris Voges (34/33 balle) het met die kolf uitgeblink. Willa Delie (3/16) en Jonathan Jansen (2/16) was Tigers se beste boulers. Die tuisspan kon net 74 lopies aanteken waarvan Leandro Goeieman (11 van 12 balle) en Ryan Maasdorp (10 van 21 balle) noemenswaardige tellings kon bymekaarskraap. Die besoekers se Errol Thopp (2/15), Marius Goussard (2/8) en Flippie Ferreira (2/2) het die paaltjies laat kantel. Vir Tigers was dit ‘n teleurstellende vertoning en Lions het gerieflik met 71-lopies gewen. 

 Die Kenhardt Northern Lions het Upington Lions  met  skitterende boulwerk in die stof laat byt. 
Die tuisspan het eerste gekolf.
Devon Adams het 23 lopies van 20 balle aangeteken wat 4 viere ingesluit het. 
Die ander noemenswaardige telling van 13 lopies van 28 balle het van Duzhyne Pholman se geduldige kolfwerk gekom. 
Gert Rupping (4/24) en Darren Coetzee (2/16) het die tuisspan se kolwers goed in toom gehou met hul lyn en lengte.
 Northerns is uit na net 89 lopies  van 17.5 boulbeurte. 
Upington Lions se beurt het uit die staanspoor rampspoedig begin en dit was slegs Jaco Beukes (16 van 16 balle) wat dubbele syfers kon behaal.
Lions se kolwers het erg teleurgestel en is almal vir 66 lopies paviljoen toe gestuur. Duzhyne Pholman (2/19), Kyle Gongo (2/21) en James Slambee (3/13) het die groot deurbrake vir hul span gemaak met knaende goeie boulwerk. Kenhardt verdien sy sege en klop die besoekers met 23 lopies.