GEMSBOK-UPINGTON: Upington Rolbalklub se jaarlikse Sasko/H&W Distributors Besigheidsliga word vanjaar weer vir ‘n maand lank vanaf 3 Maart aangebied.
Hierdie kompetisie, wat aanvanklik met 16 spanne vir fondsinsameling en werwing van nuwe lede begin is, het sedertdien so in gewildheid toegeneem dat daar vanjaar 70 inskrywings ontvang is.
Dit het ten doel om rolbal aan die breë plaaslike gemeenskap te promoveer en bied ook vir besighede die geleentheid vir sigbaarheid en spanbou.
Vanjaar se tema, ”Kom ons maak dit lekker” is juis daarop gemik om presies dit te wees, kom ons vergeet vir ‘n oomblik van spanning en ekonomiese onsekerhede.
Daar sal vanjaar weer verskeie pryse wees vir onder andere gees, kleredrag, beste speler, ens.
Upington Rolbalkub is huidig goed op dreef en buiten vir die Besigheidsliga, is daar ‘n besige jaar wat voorlê.
Vir enige navrae skakel vir Sakkie Nel by 082 331 3042.