Met die aanvang van 2025, na ‘n Desember vakansie vol intense swemsessies en toewyding, het Upington Swemklub die naweek van 8 Februarie weer groot gewen by die SPRINTS 2025 in Kimberley.
Upington Swemklub het hierdie naweek eerste geëindig in die Noord-Kaap met ‘n indrukwekkende totaal van 4082 punte. Hulle is gevolg deur Flamingo Aquatics (Kimberley) met 1769 punte en Kathu Tweekamp & Swem met 1696,50 punte.
Die klub het ‘n merkwaardige 61 goue medaljes, 62 silwer medaljes en 53 brons medaljes verower. Ons is ongelooflik trots op elke groen swemkappie wat ons klub met trots verteenwoordig het.
*Ouderdomsbekers:*
*Meisies 7 jaar en onder:* Karlien Luttig
*Seuns 7 jaar en onder:* AJ van Zyl
*Meisies 9 tot 10 jaar:* Mishanie van Jaarsveld
*Seuns 9 tot 10 jaar:* Geo March
*Meisies 11 tot 12 jaar:* Gea March
*Seuns 11 tot 12 jaar:* Llewellyn Orffer
*Meisies 13 tot 14 jaar:* Marlo Lensing
*Meisies 15 tot 16 jaar:* Anne Steyl
*Seuns 15 tot 16 jaar:* Gideon Niemand
*Seuns 17 tot 18 jaar:* Douw Steyl
*Dames 31 en oor:* Ilse Booysen
Upington Swemklub het ook al vier plekke gewen by die Junior en Senior bekers:
*Junior Victrix Ludorum:* Gea March
*Junior Victor Ludorum:* Llewellyn Orffer
*Senior Victrix Ludorum:* Anne Steyl
*Senior Victor Ludorum:* Douw Steyl
Hierdie prestasies is ‘n bewys van die harde werk en toewyding van ons swemmers en hul afrigters. Ons sien uit na nog vele suksesse in die toekoms. Baie geluk aan al ons swemmers en dankie aan almal wat ons ondersteun het!