Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Eden Tuinsentrum het die afgelope naweek weer die sentrum oopgegooi vir die maandelikse mark.

 

 

 

Kleurvolle ballonne, vlaggies wat oral wapper en lekker kuiertafels onder die koeltebome het Klerksdorpers op Saterdag 3 Augustus na die mark gelok. Die Eden mark word soms in die aand en soms deur die dag aangebied en is nou al ‘n hoogtepunt op Klerksdorp se stalletjiekalender. 

Volgens Juanita Fourie, organiseerder van die mark en mede-eienaar van Eden, is dit vir haar ‘n riem onder die hart om te sien hoe families saam kuier en kans kry om kwaliteit-tyd saam te spandeer. “Uitstallers kom van ver af om hier hul produkte uit te stal en ons beplan al kliphard aan die lentemark op 31 Augustus. Kom kuier volgende keer saam as jy nog nie hier was nie,’’ nooi sy.