Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Elnika Lombard se breinoperasie was ‘n sukses en die dokters kon daarin slaag om 90% van die gewas in haar brein te verwyder.

Klerksdorp Rekord het vroeër in Mei berig oor die jong ma wat na erge hoofpyne met die gewas gediagnoseer is. Dié simptome het verlede jaar begin en terwyl haar vorige huisdokter haar klagtes van konstante hoofpyn afgelag het, het ‘n ander dokter haar op 9 April vir ‘n MRI skandering gestuur wat die ergste bevestig het. 

 

Die gewas was aan die groei en het reeds fase 2 bereik daarom het die dokter die operasie reeds op 23 Mei in Pretoria uitgevoer.

Elnika het ‘n mediese fonds, maar nie alle uitgawes vir die operasie is gedek nie. Na Klerksdorp Rekord se berig het ‘n weldoener na vore gekom om R10 000 te betaal aan die uitstaande rekening van die narkotiseur. 

“Ek is so dankbaar aan hierdie anonieme skenker. Dit het ‘n berg van my skouers gehaal,’’ het Elnika gesê.

Sy sterk nog aan in die hospitaal en moet oor drie maande weer gaan vir ‘n MRI om te sien of die gewas nog groei. Sy sal ook bestraling moet ondergaan. 

“Ons sal hopelik die week uitvind of die gewas kwaadaardig is of nie.’’