Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksorp - Die Tafelaars van Matlosana is ‘n groep jongmanne met durf en hulle wil ‘n verskil in die gemeenskap maak.

Volgens Jan-Albert de Kock, skakelbeampte, het die groep vier weke gelede ‘n tien week lange sopprojek begin met die winter wat byt. Hulle besoek elke Donderdag die inwoners van Uitkomsdal tussen Orkney en Klerksdorp en het onderneem om binne tien weke ‘n verskil in dié gemeenskap te maak.

 

“Ons is besig met herstelwerk, help hulle om ‘n groentetuin te begin en het ‘n plafon in ‘n klaskamer geïnstalleer. Ons vat elke week heerlike voedsame warm sop saam,” vertel hy.

Die sop maak nie net magies vol nie, dit bring sommer nuwe gees en positiwiteit. “Van die inwoners het aanvanklik gesê hulle wil nie sop hê nie, want hulle betaal huur om daar te bly, maar ons het hulle siening verander toe ons sop in hul hande stop.”

Volgens hom wil hulle nie net na tien weke groet en net wegry nie. “Ons wil hê dié behoeftige gemeenskap moet beter af wees as voor ons eerste besoek. 

“Die mense is al baie gemaklik in ons teenwoordigheid en hulle besef ons wil regtig help,” sluit Jan-Albert af.