Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hierdie naweek kan Klerksdorpers uitsien na ‘n heerlike wintermark met lekker markkos, snuffelstalletjies en iets om die kleingoed mee besig te hou.

Ons Mark word by Sunset Dreams aangebied wat sowat 23 km op die Ventersdorppad (R30) buite Klerksdorp geleë is. Toegang is R20 per persoon (kinders o/2 gratis) en dit skop af om 09:30 op Saterdag 29 Junie en duur tot 15:00. Die mark duur Sondag tot 14:00.

 

 

 

Die organiseerders doen moeite met die keuse van uitstallers en bied boonop ‘n speelpark vir kinders wat ‘n lekker bonus is in die vakansietyd om die kleinspan mee te vermaak.

Die organiseerder wil die mark seisoenaal aanbied en sê hulle wil die markdag besonders maak vir besoekers. Wat die kosaanbieding aanbetref kan besoekers ondermeer pannekoek, melkkos, lekker warm pizza en Gotcha Street Food se hamburgers verwag. Delicious Delights is nou al bekend in Klerksdorp vir smullekker gebak en gaan ‘n verskeidenheid soetgoed te koop aanbied. Wat snuffelstalletjies aanbetref kan besoekers sterling silwer juwele, besonderse handgemaakte houtwerkitems en eksklusiewe leerprodukte saam met nog talle uitsoekprodukte verwag.

Die mark beloof om ‘n instelling te word met ‘n plaasatmosfeer en heelwat spasie om te koop, eet en ontspan. Stalletjie aansoeke het reeds gesluit.