Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is nie aldag dat ‘n 89-jarige man agter die stuurstang van ‘n vliegtuig sit nie, wat nog te sê vlieg, maar vir Basie van der Merwe van Klerksdorp is kan-nie dood van kruiwa stoot en toe Cliff Lotter sê vlieg, toe vlieg hy.

Cliff, kampioen kunsvlieënier, het op Vrydag 1 November vir Basie en sy vrou, Magda vir ‘n sonsondergang vlug in sy 4-sitplek Cessna gevat. Die egpaar het die “sunset cruise’’ gewen as besgeklede paartjie tydens Klerksdorp se eerste Distinguished Gentleman’s Drive. 

 

Dit is ‘n wêreldwye inisiatief om fondse in te samel vir die navorsing en bewusmaking van kanker en geestesgesondheid in mans. Dit behels ‘n pretrit vir enige klassieke motors ouer as 40 jaar, wat ook behels dat die bestuurders volgens die era van die motors aantrek en dis presies hoe die prys gewen is. 

Diegene wat die twee Van der Merwes ken, weet hulle is bekend in klassieke motorkringe en spog met ‘n aantal gerestoureerde klassieke motors. Dié motors is Basie se passie, maar min mense weet dat hy ook ‘n vaardige vlieënier is. Of was, want amper 50 jaar gelede het hy sy laaste vlug onderneem.

Basie het plase in die Ottosdal-distrik en ook in Botswana gehad en het sy vlieglisensie gekry om die plase gereeld te besoek. Sy laaste vlug was op 28 Augustus 1975. Cliff lag. “Maar as jy kan bicycle ry, kan jy bicycle ry, en oom Basie het die Cessna perfek gevlieg terwyl tannie Magda met effense bekommernis eerder wou gehad het dat ek moet vlieg net ingeval oom Basie van die vaardighede en tegnieke vergeet het wat noodsaaklik is vir ‘n veilige vlug.  Sy het absoluut geen rede tot kommer gehad nie, want hy het perfek gevlieg.”

Magda het agterna op Facebook gesê vrouens het senuwees van staal.