Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Ken jy die geestelike lied “hoor jy die klokke beier?” En hoor jy die klokke lui op Orkney? 

Elke dag om 12:00 lui die kerkklok in Byronlaan sewe keer. Dit is om die Orkney gemeenskap te herinner om te bid vir die dorp. Net daar waar jy is kan jy bid vir die dorp se mense, besighede, kinders, die buurtwagte en vir veiligheid terwyl die kerkklok beier.

Dit is by die ou NG Noordvaal kerkgebou waar pastoor Petro Kotze Odendaal en haar Voetliggemeente ingetrek het. Hulle het van Orkney Vaal verhuis waar die kerk gestig is en gebruik nou die kerkgebou wat aan die NG Kerk behoort. Dit is die pastoor se inisiatief om die kerkklok daagliks om 12 uur te laat beier, want “Orkney behoort aan die Here’’.

“Dis wat die Here op my hart gelê het. Ons as skoolhoofde, dominees, pastore en sakelui wil posisie inneem vir ons dorp,’’ verklaar sy. 

Dit kom nadat Voetlig Familiekerk onlangs met gemeenskapsleiers en skoolhoofde vergader het om saam vir die dorp te bid. 

“Al vier ons skole se hoofde was daar. Ons nooi ook ander kerke en sakelui om deel te word van die inisiatief om kwartaalliks bymekaar te kom om te bid vir ons dorp.’’

Skakel haar by 076 986 5919 as jy wil bywoon.