Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Lichtenburg - Woede heers oor die brand vandeesweek wat die dorp se museum en stadsaal vernietig het.

Die Vryheidsfront Plus het in ‘n sterk bewoorde verklaring op Woensdagoggend 25 Oktober gesê dit is ʼn bewys dat niks van enige waarde in die sorg van die ANC-regering toevertrou kan word nie.

Erns Kleynhans, LPW in Noordwes van VF Plus, het gesê die party en ander belangegroepe waarsku al jare dat die “kulturele skatte’’ weens onbevoegheid van die ANC-beheerde Ditsobotla-plaaslike munisipaliteit vernietig gaan word. “Die feit dat private maatskappye hul brandweerwaens na die toneel moes ontplooi omdat die owerhede se brandweerwaens sonder water opgedaag het spreek boekdele.’’

Die museum het Dinsdagaand 24 Oktober afgebrand. 

Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum het uitstallings oor die stigting van Lichtenburg in 1873, sy ryk diamantgeskiedenis, generaal De la Rey en die beleg van Lichtenburg in die 1899-1902 Anglo-Boereoorlog gehuisves.

Die ossewa van genl De La Rey se vrou, Nonnie, is onder meer ook deel van die uitstalling gewees.