Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - ‘n Man van Orkney is verlede week skuldig bevind aan die moord op sy bejaarde buurvrou meer as sewe jaar gelede.

Jan Rheeders wat aanvanklik gedink het hy het weggekom met die moord in 2016 nadat die moordsaak teen hom teruggetrek is, is aan die begin van die jaar weer gedagvaar om in Februarie in die hof te verskyn. Hy is Vrydag 27 Oktober in die rondgaande hof skuldig bevind aan die moord op die 89-jarige Annatjie Kruger. 

Die moord op die geliefde ouma op Moedersdag in 2016 het die gemeenskap geruk. Haar liggaam, geklee in kerkklere, is op die vloer van haar slaapkamer aangetref. Haar dogter en kleindogter het onraad vermoed toe hulle haar nie in die hande kon kry om ‘n gelukkige Moedersdag toe te wens nie. Sy het ook nie by die kerk opgedaag nie en 17:00 is die skok ontdekking gedoen toe die polisie na haar woonstel ontbied is. Sy het ‘n snywond aan haar keel gehad.

Eddie van Schalkwyk, inwoner van Orkney en ‘n vriend van Kruger se familie, het verlede week aan Klerksdorp Rekord gesê hy het van die begin af vermoed Rheeders weet meer van die moord as wat hy voorgee. Hy het selfs haar begrafnisdiens bygewoon in die dae voor hy in hegtenis geneem is. “Ek was daar om haar woonstel skoon te maak. Helpers wat my bygestaan het om die woonstel skoon te maak het later die buurman se gedrag as agterdogtig beskou.’’

Familielede is dankbaar dat die saak afgehandel is. Die saak is tot 14 Desember uitgestel vir vonnisoplegging.