Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Solidariteit se ooreenkoms met die regering vroeër vanjaar oor rasbeleide is op 31 Oktober ‘n hofbevel gemaak in die Arbeidshof in Johannesburg.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof: Solidariteit, volg die ooreenkoms nadat Solidariteit ʼn klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), ʼn agentskap van die Verenigde Nasies (VN), teen die regering se rigiede rassebenadering gelê het. 

ʼn Bemiddelingsproses tussen Solidariteit en die regering het onder toesig van die IAO gevolg wat tot dié ooreenkoms gelei het.  “Die hofbevel bepaal dat die bepalings van die ooreenkoms as regulasies in die Staatskoerant gepubliseer moet word en die regering het die bevel ondersteun. 

“Die ooreenkoms en hofbevel bepaal verder dat niemand afgedank of afgelê mag word op grond van sy ras of enige rasplanne nie. Dit bepaal ook dat rasbeleide tydelik moet wees, dat ras nie die enigste faktor mag wees met die opstel van planne nie en dat die poel van beskikbare vaardighede én die maatskappye se unieke omstandighede in ag geneem moet word. 

“Die ooreenkoms bepaal ook in watter omstandighede ʼn maatskappy nie-voldoening kan motiveer. Rigiede rasseteikens is dus onwettig,”sê hy.

Die regering is nou verplig om die ooreenkoms in die Staatskoerant te publiseer. As die hofbevel nie nagekom word nie, kan die regering, president en minister van indiensneming en arbeid van minagting van die hof aangekla word. Hierdie partye het almal die ooreenkoms ondersteun. 

“Solidariteit sal ook nie huiwer om die regering of enige maatskappy se nie-nakoming van die inhoud van dié bevel in die hof te toets nie. Solidariteit en die regering verskyn weer einde November voor die VN. Solidariteit het weer ʼn verslag oor regstellende aksie in Suid-Afrika by die VN ingedien en vra duidelikheid oor ʼn einddatum vir rasbeleide in Suid-Afrika.”