Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Die VF Plus in die Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit het tydens ʼn raadsvergadering einde Oktober daarop aangedring dat bywette oor die regulering van kleuterskole en dagsorgsentrums wat reeds in Oktober 2022 opgestel is, dringend voor die raad moet dien vir goedkeuring en promulgering.

Rdl Mariska Oosthuizen-Van Tonder sê volgens die munisipaliteit se eie statistiek voldoen 46% van baba- en kleutersorggeriewe in die gebied nie aan veiligheidsvereistes nie. “Wetstoepassing is dringend nodig. 

“Dit kan nie toegelaat word dat babas en kleuters langer blootgestel word aan swak higiëniese omstandighede, onveilige fisieke strukture, onversorgde geriewe en onveilige speelareas nie.’’

Sy het gesê dat daar tans slegs agt omgewingsgesondheidsbeamptes in stede van die vereiste 42 in die munisipaliteit se diens is. “Dit skep ʼn verdere risiko. Hierdie beamptes moet onder meer verseker dat behoorlike gesondheidskontroles ingestel en onderhou word om die verspreiding van oordraagbare siektes te voorkom.’’ 

Die VF Plus het tydens die vergadering ook geëis dat alle vakante poste in die departement van munisipale gesondheid en omgewingsbestuur dringend gevul word om die situasie onder beheer te bring.

Die munisipale bestuurder, Mokgatlhe Ratlhogo, het onderneem om te verseker dat die bywette voor die einde van November voor die munisipale raad sal dien vir goedkeuring.