Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - AfriForum het vrae oor waarom die Matlosana Munisipaliteit nog nie sy kortingsbeleid geïmplementeer het nie. Dié beleid beloon inwoners wat hul diensterekening betyds en volledig vereffen met 10% afslag. 

Volgens Theo Gresse, voorsitter van die Klerksdorp-tak, is die beleid al maande terug goedgekeur saam met die munisipaliteit se 2023/-24 begroting.

“Nou kan niemand sê wanneer dit ingestel gaan word nie. Ons wil ook weet hoe dié korting inwoners se rekeninge beïnvloed en of daar duidelike bewyse is dat hierdie beleid in lyn is met die begroting wat reeds goedgekeur is?‘‘

Volgens Gresse het inwoners tog die reg om te weet hoe besluite hul sakke gaan raak. “Ons vereis deursigtigheid en wag vir ‘n spoedige antwoord van die munisipaliteit.

“Omdat deursigtigheid en verantwoordbaarheid die hoekstene vorm van goeie regering, vertrou ons dat die munisipaliteit spoedig sal antwoord en die beleid sal implementeer en so die vertroue tussen die munisipaliteit en die inwoners sal versterk,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier. 

Klerksdorp Rekord het ook navraag gedoen by die munisipaliteit oor die voorgestelde korting, maar teen druktyd geen terugvoering ontvang nie.
Inwoners wat wil deel word van die AfriForum-tak, kan vir Theo Gresse skakel by 083 232 3405.