Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die hele Matlosana Mall is Dinsdagmiddag 7 November ontruim nadat ‘n brand by ‘n wegneemrestaurant uitgebreek het.

Die sentrum was vir sowat vier ure gesluit. Die brand het omstreeks 13:45 in die King Pie aan die kant van Checkers uitgebreek. Klerksdorp Rekord het gehoor olie het aan die brand geraak in een van die diepbraaiers. Niemand is beseer nie, maar van die mense is behandel vir rookinaseming. Al die winkels om dié winkel kon laatmiddag weer oopmaak.

Videos op sosiale media toon van die huurders wat self ingespring het om die gange skoon en droog te maak. Checkers het eers weer die volgende dag oopgemaak.

Klerksdorp Rekord het met van die huurders gepraat en hulle sê daar was paniek, want die deel naby Checkers was met rook gevul. Die ontruiming het glo ordelik verloop. Niemand is beseer nie en die huurders is verlig, want dit kon soveel erger gewees het.

Sentrumbestuur het bevestig dat dit slegs King Pie is wat gebrand het en dat die sentrum na normaal teruggekeer het toe die brand geblus is. Matlosana Brandweer was op die toneel.