Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Zané Prinsloo (28) is ‘n Springbok-ondersteuner deur dik en dun.

Sy is gek oor rugby en kan die ‘Bokke uitwys, ken hulle posisies en die reëls en het die Wêreldbeker saam met haar gesin gekyk. Sy en haar oupa kyk gewoonlik saam. Sy het vir haar familie hempies gekoop en sy het haar hemp met trots gedra toe Klerkdorp Rekord haar besoek het.

Volgens haar stel haar sussies nie belang in rugby nie, maar haar oom wat in Melkbosstrand bly is ook so ‘n groot ondersteuner soos sy. “Ek het ‘n bundel gemaak oor die Springbokke met foto’s en knipsels en nou wil my oom dit by my koop. Hy is nie te koop nie. Hy kan hom by my huur,” lag sy skaam.

Sy het ‘n persoonlike boodskap wat Jean de Villiers vir haar gestuur het, asook een van die Pumas se afrigter. Jean is dan ook haar grootste held. “Dit het my meer as ‘n maand geneem om die bundel te maak en ek kan by my familie in Pretoria gaan kuier, maar die bundel moes eers klaar kom,” vertel sy.

Sy ken tot die volksliedere van die verskeie lande en het ‘n boek met vlae gemaak.

Sy was nog nooit by ‘n rugbywedstryd nie, maar haar oom wat in Pretoria bly het beloof om haar te vat as die Bulle of die ‘Bokke op Loftus speel. “Hy het my Loftus toe gevat om die gevoel te kry. Loftus is huge.”