Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is Saterdag 21 Oktober ‘n jaar nadat Barbara Groenewald in haar huis vermoor en die plek aan die brand gesteek is.

‘n Jaar van trane en verlies vir haar ouers wat steeds in ‘n woonstel in die erf in Wilkeville woon waar hul enigste kind dood is. “Sy was al wat ons gehad het. Ons het die huis reggemaak en probeer aangaan met ons lewe, maar dit lyk of die saak nie tot ‘n punt kom nie. Ons is in die duister oor of daar ooit geregtigheid gaan geskied vir ons dogter,’’ het Stella, die oorledene se ma, aan Klerksdorp Rekord gesê.

Quinn van den Bergh wat vir die moord op sy eksverloofde in hegtenis geneem is, is steeds in aanhouding in Potch Gevangenis. Hy is borgtog geweier en wag steeds vir ‘n bed in ‘n staatsinstelling om sy geestestoestand tydens die misdaad te bepaal. 

Die saak kan nie voortgaan totdat hy geëvalueer is nie. 

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG, het by navraag gesê hulle het geen outoriteit oor hoe gou beddens in staatsfasiliteite beskikbaar raak nie. “Ons hoop altyd dit gebeur spoedig, maar ons het nie beheer daaroor nie.’’

Van den Bergh moet weer op 27 November in die hof in Klerksdorp verskyn. Hy het hom twee dae na Groenewald se dood aan die polisie oorgegee. In sy borgtogaansoek het hy gesê “stresfaktore’’ het ‘n rol gespeel in die misdaad en daarom sal hy skuld ontken. Dit is hoekom daar besluit is dat hy vir sielkundige waarneming moet gaan.

“Ons wil net graag hê dat die saak afgehandel moet word sodat ons berusting kan kry. Dit is darem al ‘n jaar,’’ het haar ma gesê.