Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die gesin, familie, vriende en werknemers van Jan “Assie’’ van Aswegen, eienaar van Vaal Maseru, het 
die week afskeid geneem van ‘n formidabele man.

Assie is op Woensdag 15 Mei in sy slaap oorlede. Hy was 72 jaar oud. Volgens sy jongste dogter, Liesl Bronkhorst was hy rustig by die huis omring deur sy geliefdes waar hy wou wees. “Ons het geweet hy is siek en dat die dag nader kom, maar ons het nie verwag dat dit so vinnig sou wees nie. Hy los ‘n enorme leemte, en ons gaan hom geweldig mis, maar ons gun hom die ewige rus,’’ het sy gesê.

 

 

Assie en Marie sou op 14 Desember hul 50ste huweliksherdenking vier. Hulle is van hul skooldae in KHS ‘n paartjie en drie kinders, Zanne, Jan jr en Liesl is uit die huwelik gebore. Hy laat ook vyf kleinkinders agter.

Al het Assie die laaste paar jaar dit rustiger begin vat by die werk, het hy nooit afgetree nie, vertel Liesl. Hy en sy vrou het in 1976 Vaal Maseru begin met een bus, hoofsaaklik om vervoer aan migrante mynwerkers van Lesotho te gee wat hier gewerk het. Vandag is Vaal Maseru-busse ‘n bekende gesig op plaaslike paaie en word van die busse ook aangewend vir skoolvervoer en privaat vervoer. Op ‘n stadium was daar meer as 100 busse in die vloot. 

Assie is as ‘n gerekende sakeman beskou en het deur die jare verskeie toekennings van die plaaslike sakekamer verwerf. Volgens Liesl het hy ‘n reuse impak op verskeie mense en sy werknemers gehad, maar vir hulle was hy net ‘n pa. 

In ‘n huldelblyk aan haar pa tydens die roudiens op Dinsdag 21 Mei beskryf sy hom as ‘n wyse man na wie hulle as kinders opgekyk 
het. “Vir ons ma was hy ‘n eggenoot, sielsgenoot en beste maat waarmee sy ure kon gesels tot laat in die nag. Hy was ‘n rotsvaste man wat enige situasie of struikelblok kon hanteer en ten goede omkeer."

Die gesin is oorweldig deur die gemeenskap se meelewing en ondersteuning na hul pa se afsterwe. “So tussendeur ons trane besef ons die voorreg en absolute eer om `n man soos ons pa te kon ken, en liefhê. Baie dankie vir elke boodskap, ruiker, oproep en drukkie. Ons as familie waardeer dit en dit dra ons in hierdie moeilike tyd.’’