Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp -‘n Inwoner van Lichtenburg is in ‘n Klerksdorpse hospitaal opgeneem nadat twee pitbulls hom aan die been beetgekry en sy kuit verskeur het.

Michael Rossouw (27) is op Sondag 19 Mei aangeval. Sy ouers, Ida en Jorrie Jordaan, het ook deurgeloop. 

Die honde het hom aangeval nadat hy by sy ma se huis gestop het en besig was om sy kind uit die karstoeltjie agter in die motor te haal. Die diere het glo uit die erf van die bure oorkant die straat gekom en hom van agter af getakel. 

“Ek het in die motor geklim maar kon nog nie die deur toe kry nie en toe byt die honde my aan my arm en been. Op ‘n stadium het die honde my aan my voete van die kar af probeer wegsleep. My stiefpa en ma is ook aangeval,” sê Michael. Hy is in die Life Anncron hospitaal.

 

Die ergste beserings is aan Michael se kuit en ‘n deel van die kuit is weggebyt. Sy ouers kon by ‘n dokter op Lichtenburg behandel word, maar sy wond is te diep en hy moes toe Klerksdorp toe gejaag word.

Volgens Ida was dit net baie bloed en is hy per ambulans na Klerksdorp vervoer. Die eienaar van die honde het die familie vergesel.
Volgens haar wou hulle hom in Life Anncron hospitaal opneem, maar hulle moes bykans R100 000 betaal. “Toe is besluit om hom na Tshepong Hospitaal te neem, maar hy is terug na die Anncron toe verwys omdat sy bytplekke so erg is.”

Teen druktyd op Dinsdag 21 Mei was Michael nog steeds in die Life Anncronhospitaal, en hoop sy rekening op. Die familie het nie ‘n mediese fonds nie. Die eienaar van die honde het ‘n groot deel betaal, maar daar is nog heelwat geld uitstaande. ‘n Backabuddy-profiel is oopgemaak vir mense om hom finansieel te kan bystaan. 

Volgens Ida was die polisie op die toneel en is die honde van kant gemaak. Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan Ida skakel by 076 800 0646.