Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Die dorp se eerste burgemeestersvrou is vandeesweek oorlede. Klaasje Stemmet was 96 jaar oud.

Volgens haar seun, Willie, is sy op Dinsdag 21 Mei in Stillerus Afree-oord oorlede. Sy het aan demensie gely.
 
Haar eerste man, Fred met wie sy 49 jaar getroud was, is in 1995 oorlede. Sy het in Primrose, Germiston grootgeword en sy en Fred het in 1960 na Stilfontein verhuis. Hulle was 49 jaar getroud.

 

Sy was baie aktief in die AGS kerk, die welsyn en was meer as dertig jaar lid van die VLU. “My ma was ‘n sakevrou met haar eie haarsalon en hoedewinkel toe sy jonger was. Jy kon haar altyd deur ‘n ring trek,” sê hy. Hy beskryf sy ma as “streng maar regverdig”.

Klaasje en Fred het vyf kinders, 11 kleinkinders en verskeie agter- en agter agterkleinkinders gehad. Haar tweede man het haar ook ontval.

Haar begrafnisdiens vind om 14:00 op Saterdag 25 Mei by AGS Arendsnes plaas.