Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - President Cyril Ramaphosa het sy medelye oorgedra na die dood van vier soldate die afgelope naweek terwyl hulle onwettige mynboubedrywighede probeer hokslaan het.

Die polisie ondersoek die dood van die vier mans wat Saterdagoggend 6 Julie dood in ‘n vraghouerstruktuur gevind is. Hulle was aan diens as deel van Operasie Vala Umgodi - ‘n operasie teen onwettige mynaktiwiteite by no 3-skag naby die geplunderde Oppenheimer stadion buite Orkney.

Lt-kol Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die vraghouer gebruik is as ‘n  waghuis vir diegene wat 24 uur diens doen. Die lyke is met die volgende skof ontdek, het Siphiwe Dlamini, SANW-woordvoerder, gesê.

Hy het bygevoeg dat die distriksgeneesheer na die toneel ontbied is en die liggame ondersoek het en geen beserings bevestig het nie. ‘n Ondersoekspan van Pretoria het ook die toneel bygewoon en voorlopige bevindings is dat die dood van die lede veroorsaak kon word deur koolstofmonoksiedvergiftiging, van ‘n vuur wat die soldate gedurende die koue nag binne die houerstruktuur gemaak het.

Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak nie.