Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Andries van Tonder het soos enige bedagte bestuurder stadiger gery om deur ‘n slaggat te ry om sy motor se bande te beskerm, maar toe bots ‘n ander voertuig teen syne.

“Die gate lyk soos dongas; so ek ry maar stadiger. Verlede naweek het ek stadiger gery en toe ry ‘n bakkie agter in my motor vas,” vertel hy duidelik ontsteld. 

Die botsing het omstreeks 14:50 op Saterdag 6 Julie in Austinstraat plaasgevind. “Die botsing sou nie plaasgevind het as die pad nie so erg gelyk het. Ek wonder waarom betaal ons geld aan die stadsraad want die paaie lyk so sleg?’’ vra Van Tonder.

Sy vrou en kind het erge skok en sy vrou het moontlik haar nek beseer. Sy Honda Jazz is baie erg beskadig en sal “seker afgeskryf moet word”. 

Hy en die vrou wat die bakkie bestuur het, is albei verseker.