Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die huurders in Rockville Square-winkelsentrum in Wilkoppies voel bedreig nadat ‘n man homself voor sekuriteitskameras ontbloot het en vulgêre boodskappe teen die winkels se mure geskryf het.

Susan de Jongh, eienaar van een van die winkels, het haar na sosiale media gewend om die ontbloter op te spoor. Hy het onder meer teen die onderneming se deur en vensters geskryf. Daar is foto’s van hom waar hy soentjies blaas en kaal rond dans. Van die boodskappe is seksueel van aard en dreigend. Daar is ook video’s waar hy homself bevredig. 

Die letters YPK is op sy bors geskryf en hy dra ‘n houtkruis om sy nek. Volgens De Jongh het die man verlede Donderdag 27 Junie tussen 03:00 en 04:15 en weer die volgende dag van 01:00 tot 03:00 amok gemaak.

“Ons was net na 04:00 by die werk en hy moes nog hier gewees het toe ons by die werk opdaag. Ons is bang en weet glad nie wat hy hiermee wil bereik nie. Ons het die polisie ingeroep en hulle was vandeesweek by ons. Hulle neem die voorval baie ernstig op. Hulle ondersoek openbare onsedelikheid, seksuele teistering en beskadiging van eiendom,” sê sy.

Sy beskryf hul kliënte as “familie” en kan nie dink aan ‘n kliënt of ongelukkige werker wat so iets kan doen nie. 

Skakel adj-off Tharina Kemp by 082 416 0812 indien jy vermoed wie dit kan wees. Inligting sal vertroulik hanteer word.