Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - ‘n Man wat daarvan verdink word dat hy saamgesweer het om ‘n moord te pleeg, het verlede week in die landdroshof op die dorp verskyn.

Harvey Moroka (49) is op Woensdag 5 Junie aangekla van sameswering om ‘n moord te pleeg.

 

 

 

Volgens adj-off Amogelang Malwetse, woordvoerder vir die Valke in Noordwes, het die Klerksdorp speurders in April inligting ontvang oor ‘n man wat op soek was na ‘n huurmoordenaar om ‘n persoon te vermoor met wie hy na bewering ‘n dispuut gehad het oor ‘n familieplaas in Potchefstroom.

“Die inligting is opgevolg en daar is vasgestel dat hy beplan om die slagoffer te laat vermoor vir ‘n ooreengekome betaling van R20 000.’’ 

Hy is op Dinsdag 4 Junie in hegtenis geneem. Moroka sou na verwagting op Woensdag 12 Junie aansoek doen om borgtog.