Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die raadslid van Wyk 39 het uit sy pos bedank. Dit is die wyk wat Adamayview en Flamwood behels.

Wolfgang Wallhorn, geliefde raadslid vir die laaste tien jaar, het aansoek gedoen en is goedgekeur as lid van die provinsiale parlement in Mahikeng. Hy het na die inhuldiging op Vrydag 14 Junie sy bedanking as raadslid aangekondig.

 

“’n Tussenverkiesing behoort in Augustus in die wyk plaas te vind,” het hy aan Klerksdorp Rekord gesê.

Hy beskryf die fenomenale mense waarmee hy saamgewerk het, as die hoogtepunt van die afgelope tien jaar en het gesê hy kon nie vir beter mense gevra het nie. “Die laagtepunt is die finansiële beperkings van die stadsraad. 

“Ek wou nog so baie doen aan die infrastruktuur. Die inwoners verdien soveel beter,” het hy gesê.

Rdl Gerhard Strydom en Inge Wilken, ‘n wykskomiteelid, sal sake in die wyk hanteer tot ‘n nuwe raadslid aangestel is.