Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Mafikeng - Die Vryheidsfront Plus het sy skok uitgespreek oor die verkiesing van Lazarus Mokgosi as nuwe premier van Noordwes.

Volgens Michal Groenewald, ‘n lid van die provinsiale parlement en provinsiale leier van die VF Plus, is Mokgosi ‘n omstrede keuse.

 

 

 

Hy het verwys na Mokgose se skorsing in 2016 saam met vyf ander ANC-ontplooide senior bestuurders van Noordwes se  departement van openbare werke weens hul betrokkenheid by talle ongerymdhede wat in ʼn forensiese ondersoek blootgelê is.

ʼn Forensiese ondersoeker, Open Waters, is in Desember 2014 aangestel om ongerymdhede in die departement te ondersoek. Die verslag oor die ondersoek is nooit bekend gemaak nie. Die VF Plus wil nou die verslag laat bekend maak om te bepaal of die nuwe premier geskik is vir die pos.