Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die voertuig wat vandeesweek tydens ‘n rooftog by ‘n Wilkoppies huis gesteel is, is ‘n paar ure later verlate gevind in Roosheuwel.

‘n Bejaarde man is vroegoggend op Dinsdag 14 November in sy huis oorval deur twee gemaskerde mans. Albei was gewapen, een met ‘n vuurwapen en die ander met ‘n mes.

Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het hulle hom in die kombuis verras. “Die rowers het hom aan ‘n stoel in die sitkamer vasgebind en toe hul tyd gevat om die huis te deursoek vir waardevolle items. Hulle het ‘n kluis uit die muur gebreek toe hy nie vir hulle ‘n kluissleutel kon gee nie en dit saam met al die ander gesteelde items in sy Toyota Hilux gelaai. Hulle is toe met die voertuig daar weg.’’

Die man het teen sowat 10:00 daarin geslaag om hom los te wikkel en het alarm gemaak. Die voertuig is ‘n paar uur later op die hoek van Leemhuis- en Mullerstraat gevind. Sonder die gesteelde items. Klerksdorp Rekord het verneem daar was agt vuurwapens in die kluis toegesluit.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.