Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Verlede week is ‘n onwettige mynwerker tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hy met onbewerkte goud betrap is.
Masoetsa Ramaena (46) is in Oktober 2021 in hegtenis geneem in ‘n klopjag deur die SAPD se spesiale taakspan en die Klerksdorpse Valke by ‘n dormante skag wat deur onwettige mynwerkers beset is.
’n Skietgeveg het tussen die Zama-Zamas en die polisie ontstaan wat ses van hulle dood gelaat het. Die polisie het tydens die operasie op talle vuurwapens, onwettige myntoebehore, voertuie en kos beslag gelê.
Adj-off Amogelang Malwetse, woordvoerder van die Valke, het gesê Ramaena is in besit van onbewerkte goud gevind. Na ‘n reeks hofverskynings het die beskuldigde skuld beken.
Hy is op Donderdag 13 Junie in die Klerksdorp-streekhof gevonnis.