Burgerspoortjies kon inskryf vir die Masterchef-kompetisie wat by die Indabalokaal plaasgevind het. Deelnemers het ‘n spesiale voorskoot gekry, net soos ‘n regte sjef. Op die tafels was ‘n “koek” en ‘n “mystery box” vir elkeen. Hulle moes die koek versier met die inhoud in die boksie. Dit was groot pret om die kinders dop te hou. Daar was drie wenners wat elk ‘n kontantprys gekry het.
Dit was ‘n blink gedagte wat gerus herhaal kan word - dankie Juffrou Ann Labuschagne.