Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Tydens hul gebruiklike maandelikse vergadering in Augustus, het die vrouens van VLU Zoetmelksvlei geleer om met lugdroog-klei te werk. Laeanna Zimmerman van Imagine Arts en Crafts het ‘n heerlike leersame oggend aangebied. Die September vergadering was ‘n praktiese vergadering waar die vrouens geleer het van Pirografie, beter bekend in die volksmond as houtbrand, met Carol Baker van Avalanche The Creativity Barn van Mahikeng.

Die vrouens het die oggend geniet en met heerlike koue nagereg afgesluit. Hierdie leersame projekte is een van vele nuwe dinge om te ervaar by VLU Zoetmelkvlei. Lede wat die lugdroog kurses bygewoon het is van links, Onel Kruger, Susan Coetzee, Annalize Coetzee (gas), Marzanne Kleingeld en Rouzelle Killian. Vir meer inligting: Magda Niemann op 082 3899 601.