Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Met die onlangse swaar reën het verskeie plekke in en om die dorp deurgeloop onder oorstromings. 
Die Generaal De La Rey Hospitaal het ook oorstroom. 
Dinsdag, 7 Januarie het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, die hopitaal besoek. Hy was kort en bondig: “Ditsobotla Munisipaliteit is nie funksioneel nie en en is gedurig in die nuus as gevolg van negatiewe gebeurtenisse. Nadat ons die situasie geassesseer het, is dit duidelik dat die oorstroming weens nalatigheid veroorsaak is.

Die probleem is dat die rioolsisteme en stormwaterdreine geblok is omdat geen instandhouding gedoen is nie. Die hele situasie kon vermy gewees het.” 
Hy sê verder daar is 71 beddens in die hospitaal en 33 van die beddens het pasiënte gehad tydens die oorstroming. Hulle is na ander hospitale geneem. Op ‘n vraag oor wanneer die hospitaal oop sal wees vir pasiënte het Motsoaledi gesê dat daar nie haas is daarmee nie - die probleme moet eers opgelos word. 
Hy het bygevoeg dat dit vernederend sal wees om na die hospitaal toe te gaan. Aangaande ‘n vraag oor die skade wat aangerig is, het hy geantwoord dat daar nie skade is nie, ook nie aan toerusting nie. Hierdie stelling word bevraagteken en skade sal dalk mettertyd gesien word. 
Motsoaledi het aanbeveel dat die burgemeester Thabo Nkashe, nou moet oorneem en aan die Distrik moet rapporteer. Laastens beveel hy aan dat die munisipaliteit en departement van gesondheid ten alle tye op gereedheidsgrondslag moet wees vir alle gebeurlikhede.