NOORDWESTER – COLIGNY - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die provinsie is ernstig bekommerd oor ‘n groep betogers wat na bewering die R503 (Lichtenburg) en R503 (Hartbeesfontein) kruisings en N14-pad by Coligny na Lichtenburg versper het.
Die betogings was na aanleiding van ‘n tekort aan water in hul gebied vir die afgelope ses weke. Bogenoemde kruisings is met vragmotors en trekkers versper.
Polisie en verkeersbeamptes was by albei kruisings om die situasie te normaliseer. Die polisie wil graag aandui dat die blokkering van ‘n pad onaanvaarbaar en onwettig is. Die Wet op die Regulering van Byeenkomste, 1993, laat vreedsame betogings toe, wat nie inbreuk maak op ander mense se regte nie. Diegene wat betoog kan nie toegelaat word om die wet te oortree nie, ongeag hoe wettig hul bekommernisse of eise is.
In die uitvoering van hul mandaat ingevolge artikel 205(1) (3) van die Grondwet sal die polisie nie huiwer om op te tree teen enigiemand wat met onwettige aktiwiteite begin nie, nie net in Coligny nie, maar ook in ander gebiede in die provinsie.